Hoe om Eensaamheid te oorkom - Hier is 9 Super Wenke

Vriende is 'n onontbeerlike aspek van ons menswees. Mens kan jou dit nie indink wat die lewe sonder vriende kan wees nie. Daar word tereg gesê dat ons nie ons familie kan kies nie, maar vriende is ons eie keuse en dit is waarom vriende vir ons so kosbaar is. Vriende is daar om ons geluk, angs, onsekerheid, smarte en vele ander met ons te deel. Daarom voel ons lewens betekenisloos en leeg sonder goeie vriende.

Ons ken dus almal die waarde van goeie vriende, maar by tye gebeur dit so dat ons nie ons vriendskap kan handhaaf nie of nie in staat is om goeie vriende te maak nie. Daar kan baie redes daarvoor wees. Ons kom dit baie teë dat daar mense is met 'n aantal goeie vriende teenoor ander weer wat net nie vriende kan kry nie. Die vraag wat beantwoord moet word is waarom dit gebeur. Wat is die rede waarom sommige mense met biae vriende geseënd is en ander nie? Die oplossing lê in die feit dat mense met langdurige vriendskappe iets ekstra met verhoudings verskaf en wat hieronder volg poog om benaderings en aannames te ondersoek wat goeie vriendskappe en die handhawing daarvan tot gevolg het.


Wees toeganklik

Wanneer ons vriende wil maak is dit baie belangrik om opwindend en openhartig te wees. Toegangklike mense trek baie meer manne en vroue aan as diegene wat moeilik en stuurs is. Kweek vir jou 'n aangename gesindheid om te verseker dat mense in jou teenwoordigheid op hulle gemak en ontspanne kan wees.


'n Goeie gesprek

Dit is belangrik om goeie en diepgaande gesprekke te voer wanneer jy vriende wil maak. Probeer uitvind wat hulle die meeste fassineer en inisieer die gesprek in daardie rigting. Sodra belangstelling geskep is, sal hulle uit eie beweging met nuwe gedagtes begin om die gesprek te laat aanhou. Probeer om sensitiewe onderwerpe te vermy, en indien so 'n situasie wel opduik, verander die onderwerp daar en dan en begin iets wat lekker en opwindend is. Goeie besprekings kan die grondslag vorm van 'n wonderlike vriendskap. Indien iemand graag weer met jou wil gesels, sal kontak weer met jou gemaak word en dit is hoe 'n goeie vriendskap kan begin.


Moenie oorheers nie

As ons probeer om vriende te maak is dit nodig dat ons probeer om die ander persoon se perspektiewe en standpunte te erken. Mens is geneig om fokus op jouself te bewerkstellig deur die ander te probeer oortref. Dit is ongelukkig die verkeerde strategie om vriendskappe te genereer en kan maklik as arrogansie ervaar word. Dit is dus noodsaaklik dat jy bedeesd en subtiel te werk gaan. Selfs al vind jy dat die betrokke persoon verkeerd is, is dit wys om jou standpunte op 'n waardiger wyse te stel. Sodra mense voel dat jy hulle respekteer, sal hulle jou geselsskap waardeer.


Wees jouself

Dit is normale praktyk dat ons probeer om spesiaal hoflik en aangenaam te wees teenoor diegene wie ons vir die eerste keer probeer beindruk. Moet net nie oorboord gaan nie. Dit is goed om hoflik en aangenaam te wees, maar mense kom gou agter wanneer dit oordrewe is. Probeer om net jouself te wees. Solank jou bedoelings eerlik en duidelik is dat jy graag vriende wil maak, sal jy suksesvol wees.


Doen dinge saam

Sodra jy van iemand begin hou en die vriendskap wil voortsit, dan is dit nodig om ekstra aan die verhouding te werk. Probeer om dinge wat julle saam kan doen te ontdek, soos saam iewers te gaan, vir 'n wandeling, videos te kyk, musiek te luister, of julle kan selfs saam inteken vir 'n paar oefeningsessies of aandklasse. Op hierdie manier kan julle saam wees en mekaar beter leer ken. Om dinge saam te doen is 'n wonderlike manier om vriendskapsbande hegter te smee.


Moet nie 'n mooiweersvriend wees nie

Dit is belangrik dat jy jou vriende getrou bystaan. Dit is nie net jou plig om jou vriende te verstaan en uit te vind oor jou maat se probleme nie, maar help ook om dit op te los. Die toets van 'n goeie vriendskap is juis om beskikbaar te wees wanneer jy benodig word. Tye van nood is die beste toets vir hoeveel jy omgee en wat die vriendskap vir jou werd is.


Vertrou jou vriend

Vertroue is 'n baie kritieke faset van enige vennootskap. Sonder wedersydse vertroue kan die verhouding en vriendaskap nie standhou nie. Jy moet jou vriende kan vertrou, want vertroue is juis die grondslag waarop 'n vriendskap kan voortduur. Om te sorg vir 'n goeie en betroubare verhoudings probeer om jou vreugde, spanning, kommer, vreugdes en so meer met jou vriende te deel. Dit is wat mense nader aan mekaar bring en uitstekende vriendskappe bou.


Waardeer jou vriend en vriendskap

Die meeste van ons het waardering nodig en dit geld ook vir verhoudings. Wanneer jou maat iets besonders vir jou gedoen het, erken dit en doen ook so. Dit voel lekker wanneer iemand besef dat jy iets spesiaals vir hom of haar gedoen het. Hoewel vriendskap onvoorwaardelik is, is dit nog steeds moontlik om spesiale dinge vir jou vriende te doen om hulle toe te toon hoe baie hulle vir jou beteken. Elke individu is toegerus met bepaalde eienskappe. Wend dus ekstra pogings aan om uit te vind watter spesifieke eienskappe jou vriend het, beklemtoon daardie eienskappe en geniet dit. Op hierdie manier sal jy jou vriend aanmoedig en jou vriendskap baie versterk.


Moet nie verwagtinge koester nie

Moet nie verwag of daarop staatmaak dat jou vriend op die een of ander wyse behoort op te tree nie. Elke persoon verskil en dink op verskillende maniere. Wat vir jou gepas of reg sal wees, sal nie noodwendig ook in jou vriende se geval so wees nie. So hou dit eenvoudig en moenie die verhouding meer kompleks maak nie.

'n Vriend in nood is inderdaad 'n goeie vriend. So wees altyd beskikbaar vir jou vriende in al hulle geluk en ongeluk en bou voort op 'n uitstekende vriendskap.


Vertaling van 'n artikel van MR Sohel in http://goarticles.com onder die afdeling: Verhoudings / Friendship (2012/06/29) "Use and distribution of this article is subject to our Publisher Guidelines http://goarticles.com/publisher.html whereby the original author's information and copyright must be included." GoArticles.com © 2012 (Alle regte voorbehou)


Piet Venter


Hierdie blad is hersien op:




Piet Venter is 'n versamelaar en privaat bemarker van gratis internet inligtingslektuur. Hy het self ook al 'n paar eboeke en verslae oor sukses geskryf en op die internet bemark en hanteer sy eie webblaaie en webjoernale met 'n baie goeie praktiese kennis en ondervinding van html-webbladtaal. Sy betrokkenheid by die internet strek oor 'n periode van meer as 25 jaar! Hy hanteer ook al die teks-vertaalwerk self. Daar is 'n paar skakels op sy hoof webblad in Afrikaans by http://ciskano1.com/pietventer/ oor al sy internet bedrywighede.

Piet kan persoonlik gekontak word op http://ciskano1.com/pietventer/kontakmy.html
web counter
web counter