Hoe om uit skuld se greep te kom

Dis makliker om in skuld te raak as om daaruit te kom, maar wanneer skuld op die beginsel van dag vir dag terug betaal word is die proses makliker en minder stresvol. In wese kom dit daarop neer dat jy jouself verbind om so te beplan dat jy 'n skuldvrye doelwit kan bereik. Om nie skuld te hê nie, kan pynloos wees as jy slim te werk gaan.

Kry 'n greep

Die eerste stap in die bestuur van jou skuld is om presies uit te werk hoeveel skuld jy werklik het. Meeste mense wat skuld maak dink selde daaraan om skuld te vermy en hulle weet regtig nie hoeveel hulle totale skuld is nie. Versamel al jou kredietkaart- en rekening- state, en gaan hulle dan versigtig een vir een na. Maak 'n lys op papier of jou rekennar van die bedrag van die skuld vir elke kredietkaart, lening, of ander rekening waar jy geld skuld. Bereken dan die totaal deur al die balanse bymekaar te tel. Wanneer jy die groot prentjie en 'n volle begrip van jou skuld het, kan jy daaraan begin werk deur die paaiemente van afbetalings van die skuld so uit te werk dat jy dit op 'n gereelde basis bietjie vir bietjie volgens jou salaris, loon of ander inkomste (na verpligte aftrekkings en betalings soos belastings, huurgelde en lisensies) kan betaal totdat die skulde in geheel gedelg is. Die fout wat baie emnse maak is om nie die verpligte vaste betalings in rekening te bring wanneer hulle skuld maak nie.

Prioritiseer jou skuld

Sodra jy 'n lys van jou skuld gemaak het, moet dit geprioritiseer word. Prioriteite kan wissel. Jy kan skuld wat jy eerste wil afbetaal weens hulle hoë rentes as hoogste prioriteit maak. Skuld wat belastingaftrekkings bied moet laer op die lys wees as skuld wat kan bydra tot vermindering van jou belastingverpligtinge, soos byvoorbeeld rentekoste op verbandlenings en studentelenings.

Vind Ekstra Geld

Nou dat jy jou skuld waarin jy beland het vierkantig in die oë gekyk het en geprioritiseer het, is jy gereed om te begin met bepaling van maniere waarop jy "ekstra geld" in jou begroting kan vind waarmee die skuld afbetaal kan word. Sommige opsies sluit in:

  • Sny onnodige luuksighede of minder nodige uitgawes soos goedkoper televisiekanale, goedkoper rekenaartoegang, minder uiteet-afsprake of maak koffie by die huis eerder as om dit by koffiekroë en kafees te gaan drink.


  • Leen van jou spaargeld. Die geheim is om rente aan jouself te betaal (in plaas van die instansie waar jy die geld normaalweg sou noes leen) en die paaiement te bepaal wat dit sou neem om die bedrag binne 'n redelike tyd, of wat vir jou die gerieflikste is, op 'n gereelde basis in die spaarrekening terug te stort. Wenk: Laat genoeg in jou spaargeld vir 'n noodgeval as jy besluit om jou spaargeld te gebruik om jou skuld af te betaal.


  • Verruil jou luukse of groot motor in vir 'n goedkoper een met meer ekonomiese onderhouds- en loop- kostes.


  • Maak 'n lening op jou eiendom met 'n klein of geen paaiementverhoging en verander jou "slegte" skuld in "goeie" skuld. Een manier om slegte skuld of die las daarvan te verminder is om 'n lening of verhoogde paaiement op jou huis of ander vaste eiendom te gebruik om skuld te konsolideer. Die rente wat jy op 'n huislening betaal is oor die algemeen laer as die hoë rente wat op verbruikerskulde, soos kredietkaarte en huurkope van meubels, motors en ander luuksighede gevra word. Wenk: Skuld is soortgelyk aan cholesterol! Daar is goeie cholesterol en slegte cholesterol. Net so is daar ook goeie skuld en slegte skuld. Goeie skuld is skuld wat kapitaalvormend is of belastingaftrekbaar is en slegte skuld is gewoonlik dié wat nie kapitaalvormend is nie soos motors en dergelike luuksighede wat geen inkomste bied nie.


  • Kry 'n bykomende werk deur jou stokperdjie of spesiale kundigheid as 'n diens teen betaling aan te wend.


  • Verander na 'n werk met hoër salaris of kommissies.


  • Begin 'n tuisbesigheid in jou spaartyd.


  • Moet nooit daaglikse gebruiksgoedere soos kruideniersware, ens. op rekening koop nie. Bly liewer daarsonder en maak 'n plan om goedkoper artikels te gebruik of selfs daarsonder klaar te kom waar moontlik.


Heronderhandel die terme en voorwaardes van jou skulde

Nog 'n manier om 'n greep op jou skuld te kry en dit vinniger af te betaal is om die terme en voorwaardes van jou skuld met die skuldeisers te heronderhandel. Laat die skuldeisers weet wat jy wil doen om die skuld af te betaal. Probeer om 'n laer rentekoers te beding, sodat jy ekstra betalings kan maak om die skuld vinniger af te betaal, of die totale uitstaande balans of ten minste die rentebedrag te verminder as jy alles in een enkelbedrag betaal.

Maak ekstra betalings

As jou inkomste vermeerder met 'n bonus of verhoging, gebruik die meevaller eers om jou skuld te delg voordat jy dit vir 'n vakansie of ander luuksigheid of nuwe aankope oorweeg. Betaal altyd iets ekstra op kredietkaarte en ander rekenings as die minimum bedrag wat nodig is en verminder so die rente wat jy daarop oor die lang tyd sal betaal .

Om uit die skuld te kom is vir die meeste van ons 'n moeitevolle taak en die rede waarom baie verbruikers dit vermy. Maar om ernstige pogings aan te wend om jou skuldlas te verminder of heeltemal te delg, kan 'n pynlose en makliker oefening wees as wat die meeste van ons dink. Die geheim lê in 'n ge-organiseerde benadering en slim manier van skuldbestuur.


Bronne:
http://blog.plaingreenloans.com/category/debt-management/
http://blog.plaingreenloans.com/debt-management/how-to-pay-back-a-debt/




Hierdie blad is hersien op:


Piet Venter is 'n versamelaar en privaat bemarker van gratis internet inligtingslektuur. Hy het self ook al 'n paar eboeke en verslae oor sukses geskryf en op die internet bemark en hanteer sy eie webblaaie en webjoernale met 'n baie goeie praktiese kennis en ondervinding van html-webbladtaal. Sy betrokkenheid by die internet strek oor 'n periode van meer as 25 jaar! Hy hanteer ook al die teks-vertaalwerk self. Daar is 'n paar skakels op sy hoof webblad in Afrikaans by http://ciskano1.com/pietventer/ oor al sy internet bedrywighede.

Piet kan persoonlik gekontak word op http://ciskano1.com/pietventer/kontakmy.html