Beseerde Skouer ligamente: Hoe om dit te behandel

Geskeurde ligamente is beserings aan die gesamentlike kapsule of die bande van digte weefsel wat die bewegende dele van jou liggaam saambind soos by die knie, skouers, die elmboog, die pols, vingers en enkels.

Die mees algemene ligamente wat beseer word is dié in jou vingers, enkels en knieë, maar enige deel van jou liggaam waar liggamente betrokke is, soos ligamente in die skouers, kan geraak word.

Geskeurde ligamente kan pyn veroorsaak wat vir 'n paar dae of weke kan duur, en jy kan inflammasie, swelling, kneusing en liggaamlike stabiliteit ervaar. Ernstige beserings aan die ligamente kan chirurgiese herstel vereis, maar daar is ook boererate wat goed werk in die behandeling van beseerde ligamente.

Behandeling

1. Rus van die ligament. Vermy aktiwiteite wat veroorsaak dat die ligament en skouer area pyn. Bespreek met jou dokter en verander jou daaglikse aktiwiteite. Rus is noodsaaklik vir 'n vinnige en behoorlike genesing van die ligamente.

2. Gereelde inname van 'n anti-inflammatoriese middel. 'n Nie-steroïede anti-inflammatoriese middel soos aspirien of ibuprofen sal pyn en swelling, wat met die besering verband hou, verminder.

3. Doen rehabilitasie oefeninge. 'n Fisioterapeut kan met behandeling die spiere en ligamente rondom die skouer versterk wat weer verhoogde stabiliteit verskaf. Oefeninge kan gewoonlik by die huis uitgevoer word as konsekwentheid en geduld gehandhaaf kan word.

4. Gebruik van kruie om die toestand te verbeter. Perdestert is 'n kruiemiddel wat talle gesonde bestanddele soos mangaan, kalium en silikon bevat. Die silikon help om die toestand van die ligamente en bindweefsel te verbeter. Hierdie middel kan as 'n tinktuur met 10 druppels in 1 koppie water gebruik word. Gebruik die mengsel ses keer per dag tot jou simptome bedaar. Gebruik dit ook as 'n tee deur 2 teelepels in warm water vir 15 minute, te trek om 'n dosis van 4 koppies daagliks te kry.

Lees in meer detail hieroor








Hierdie blad is hersien op:

Piet Venter is 'n versamelaar en privaat bemarker van gratis internet inligtingslektuur. Hy het self ook al 'n paar eboeke en verslae oor sukses geskryf en op die internet bemark en hanteer sy eie webblaaie en webjoernale met 'n baie goeie praktiese kennis en ondervinding van html-webbladtaal. Sy betrokkenheid by die internet strek oor 'n periode van meer as 25 jaar! Hy hanteer ook al die teks-vertaalwerk self. Daar is 'n paar skakels op sy hoof webblad in Afrikaans by http://ciskano1.com/pietventer/ oor al sy internet bedrywighede.

Piet kan persoonlik gekontak word op http://ciskano1.com/pietventer/kontakmy.html
web counter
web counter