Krieket se ontstaan en ontwikkeling

Hoewel die amptelike geskiedenis van internasionale toetskrieket in 1877 begin het, het die speel van krieket 'n bekende geskiedenis wat strek vanaf die 16de eeu tot vandag, met internasionale wedstryde sedert 1844. Gedurende hierdie tyd, het die spel in Engeland ontwikkel in 'n spel wat nou professioneel in die meeste van die Gemenebes van Nasies gespeel word.

Niemand weet wanneer of waar krieket werklik begin het nie, maar daar is 'n string van bewyse, waarvan baie omstandigheidsgetuienis is, wat sterk daarop dui dat die spel gedurende die Saksiese of Normaanse tydperk deur kinders wat in 'n area van digte "heilige boomstamme" en die 'n bos in die suid-ooste van Engeland, wat oor Kent en Sussex geleë is, uitgedink is. Die gebied was in die middeleeue deur klein boerdery en metaal-werk gemeenskappe bewoon. Daar is algemeen geglo dat krieket as 'n kinderspel baie eeue oorleef het voordat dit deur volwassenes rondom die begin van die 17de eeu oorgeneem is [1].

Volwassene-deelname is onbekend voor die begin van die 17de eeu. Moontlik is krieket afgelei van rolbal en het die nuwe spel begin deur die gebruik van 'n kolwer wat probeer het om die bal voor bereiking van sy teiken te stop deur dit weg te slaan. Die aanvaarding is dat die spelers op kaal beweide skaaplande of op oop grasgedeeltes in die bos gespeel het. Die speluitrusting kon bestaan het uit 'n bal gemaak van skaapwol (of selfs 'n klip of 'n klein knop van hout), 'n stok of 'n ander plaasinstrument as die kolf en 'n stoel of 'n boomstomp of 'n houthekkie as paaltjies [2]

Ten spyte van baie bestaande bronne is die eerste definitiewe vermelding van die spel gevind in 'n 1598-hofrekord met betrekking tot 'n geskil oor die eienaarskap van 'n stuk gemeenskapsgrond in Guildford, Surrey. 'n 59-jarige pataloog, John Derrick, het getuig dat hy en sy skoolvriende vyftig jaar vroeër op die gronde waar hulle die "Vrye Skool" bygewoon het, 'n spel van "creckett" gespeel het. Derrick se getuienis bewys bo redelike twyfel dat die spel in Surrey gespeel is circa 1550 [5] [6]. Die eerste verwysing na krieket as 'n volwassene sport was in 1611 toe twee mans in Sussex vervolg is omdat hulle op Sondag krieket gespeel het in plaas daarvan om kerk toe te gaan [7] In dieselfde jaar is krieket in 'n woordeboek gedefinieer as 'n seuns-spel en dit dui daarop dat volwasse deelname meer onlangs moes ontwikkeling het. [5]

Die basiese reëls van krieket, soos die kolf en bal, die kolfblad, toon-hoogte dimensies, beurte, hoe uit, ens. bestaan sedert die vroegste tye. In 1728, het die hertog van Richmond en Alan Brodick 'n Akte van Ooreenkoms opgestel om 'n kode vir 'n spesifieke wedstryd te bepaal en van toe af was dit 'n algemene gebruik, veral rondom die betaling van spelgelde en die verspreiding van die wengeld waaruit die kwessie van weddenskappe seker ook ontstaan het. [7]

Verwysings:
[1] (Lads to Lord's; The History of Cricket:1300-1787 )
Kyk ook:
Lads to Lord's; The History of Cricket:1751
Lads to Lord's; The History of Cricket:1729)
[2] Derek Birley, A Social History of English Cricket, Aurum, 1999
[5] Altham, p.21.
[6] Underdown, p.3.
[7] McCann, p.xxxi.

Bron:
'n Kort vertaalde uittreksel uit Wikipedia "History_of_cricket".





Hierdie blad is hersien op:


Piet Venter is 'n versamelaar en privaat bemarker van gratis internet inligtingslektuur. Hy het self ook al 'n paar eboeke en verslae oor sukses geskryf en op die internet bemark en hanteer sy eie webblaaie en webjoernale met 'n baie goeie praktiese kennis en ondervinding van html-webbladtaal. Sy betrokkenheid by die internet strek oor 'n periode van meer as 25 jaar! Hy hanteer ook al die teks-vertaalwerk self. Daar is 'n paar skakels op sy hoof webblad in Afrikaans by http://ciskano1.com/pietventer/ oor al sy internet bedrywighede.

Piet kan persoonlik gekontak word op http://ciskano1.com/pietventer/kontakmy.html


web counter
web counter