Webskakels en dinge
Print Friendly and PDF

Gordelroos is pyn en lyding wat mens nie eens aan jou vyand sal toewens nie!

Kortliks:

Dit is belangrik dat 'n geneesheer onmiddelik geraadpleeg word indien u 'n onverklaarbare velirritasie of pyn en spierongemak ondervind of as u wel gordelroos vermoed.
  • Gordelroos ("Shingles") word veroorsaak deur dieselfde virus wat waterpokkies veroorsaak.
  • Gordelroos, ook bekend as "herpes zoster" is gladnie verwant aan die seksuele oordraagbare herpes virus-siekte "herpes genitalis" of die koorsblaar-virus "herpes simplex" nie.
  • Gordelroos veroorsaak meesal pyn wat kan voortduur na die simptome al verby is.
  • Steroides en antivirale medikasie kan help om die langtermyn pyn wat op gordelroos volg te voorkom as dit binne twee dae nadat die uitslag verskyn het geneem word.
  • Daar is middels vir mense ouer as 60 jaar om die graad van gordelroos te verlig.
Gordelroos, of herpes zoster, is 'n pynlike veltoestand wat die resultaat is van 'n herstel van 'n infeksie met die varicella-zoster virus, dieselfde virus wat verantwoordelik is vir waterpokkies. Die virus is nooit ten volle uit die liggaam verwyder nie nadat waterpokkies opgedoen is nie en dit kan senuwee- en vel- inflammasie kenmerkend van gordelroos aktiveer dikwels dekades nadat mens waterpokkies gehad het.

Selfs wanneer daar geen uitslag is nie kan die pyn by gordelroos merkbaar wees. Voordat 'n uitslag sigbaar is kan die pasiënt van 'n paar dae tot 'n week bewus word van die brandpyn en sensitiewe vel. Dit kan moeilik wees om die oorsaak van die dikwels erge pyn vas te stel wanneer die kenmerkende uitslag nog nie sigbaar is nie. Gordelroos uitslag begin as klein blasies op 'n rooi basis. Nuwe blase vorm daarna vir tot vier tot vyf dae. Die blase volg die pad van individuele senuwees vanaf die rugmurg in 'n spesifieke "straal-agtige" verspreiding (genoem 'n dermatomale patroon) en verskyn in 'n band-agtige patroon op die oppervlakte van die vel.

Die volle gedeelte van die senuwee kan betrokke wees, of daar kan gedeeltes in die verspreiding van die senuwee wees wat blase vertoon en 'n ander gedeelte weer sonder blase. In die algemeen is net een senuweevlak betrokke. In seldsame gevalle kan meer as een senuwee betrokke wees.

Na verloop van tyd gaan die blase oop, en die gebied begin vogtig raak. Die geaffekteerde gebiede sal dan 'n kors vorm en begin genees. Die duur van begin tot einde is tussen drie tot vier weke. daarna kan die pyn van tyd tot tyd pla, maar die blase sal gewoonlik nie weer verskyn nie.

Hoe lank is gordelroos aansteeklik?

Gordelroos is aansteeklik vir mense, kinders en babas wat nie voorheen waterpokkies gehad het nie en solank as wat daar nuwe blaasvorming is en ou blase besig is om te genees. Maar in plaas van die ontwikkeling van gordelroos, sal sulke mense net waterpokkies kry. Mense wat waterpokkies gehad het, kan nie gordelroos aansteek of die virus van iemand anders kry nie. Al wat gebeur is dat sodra jy die vuris het, het mens die potensiaal om gordelroos later in die lewe te ontwikkel.

Net soos by waterpokkies is die tyd voor genesing of korsvorming van die blase die aansteeklike fase van gordelroos. Sodra al die blase 'n kors gevorm het, kan die virus nie langer versprei word nie en die aansteeklike tydperk is verby.

Tuis behandelings van gordelroos

Antivirale medisyne soos acyclovir (Zovirax), valacyclovir (Valtrex), of famciclovir (Famvir) kan die erns en duur van die uitslag verminder indien binne 72 uur van die ontwikkeling van die veluitslag daarmee begin word. Ander pyn-medikasie soos acetaminophen (Tylenol), ibuprofen (Advil), en Naproxen (Aleve), en selfs narkotiese pynbeheer-medisyne kan nuttig wees vir simptomatiese beheer.

As aanvulling tot medisyne ondervind baie mense dat tuisversorgingsmiddels ook verligting vir die pyn van gordelroos bring.

Skoonhou van die ontsteekte vel is noodsaaklik. Was die geaffekteerde area met koel water en sagte seep. Neem van 'n bad of stort is goed. Die kors van gordelroos se blase val af op hul eie en dit is belangrik om krap of vryf van die blase te vermy om die ontwikkeling van 'n sekondêre velinfeksie op die ontsteekte plek te voorkom. Koue kompresse op die pynlike area nadat dit gewas is, kan baie verligting bring. Na die eerste paar dae van 'n aanval, kan jy yspakke vir 10 minute op 'n keer 'n paar keer per dag op die aangetaste dele plaas. Maïzena of koeksoda kan ook direk op die gebiede toegepas word om hulle droog te hou en vinniger genesing bevorder. Nog 'n produk wat kan help om die blase droog te hou en die smerterigheid te verhoed is 'n aluminium asetaat oplossing wat by apteke beskikbaar is. Hou die blase ook soveel moontlik aan lug blootgestel en toe te sien dat klere so min as moontlik daaraan raak.

Antijeuk middels soos Kalamyn-smeermiddel (calamine Lotion) kan aangewend word nadat die gebied gewas of afgespoelis of na behandeling met koel kompresse. Hierdie tuisbehandelings sal gordelroos nie genees of die lengte van die aanval verminder nie, maar baie lyers vind dat tuisversorging die pynlike toestand meer draaglik kan maak.

Bronne:
  1. http://www.medicinenet.com/script/main/art.asp?articlekey=473
    Mediese skrywer: Melissa Conrad Stöppler, MD in samewerking met William C. Shiel Jr, MD, FACP, FACR op 2012/06/14
  2. Verenigde State van Amerika. Centers for Disease Control & Prevention. "Gordelroos (Herpes Zoster)." 10 Januarie 2011. <http://www.cdc.gov/shingles/about/overview.html>.





Hierdie blad is hersien op:
Piet Venter is 'n versamelaar en privaat bemarker van gratis internet inligtingslektuur. Hy het self ook al 'n paar eboeke en verslae oor sukses geskryf en op die internet bemark en hanteer sy eie webblaaie en webjoernale met 'n baie goeie praktiese kennis en ondervinding van html-webbladtaal. Sy betrokkenheid by die internet strek oor 'n periode van meer as 25 jaar! Hy hanteer ook al die teks-vertaalwerk self. Daar is 'n paar skakels op sy hoof webblad in Afrikaans by http://ciskano1.com/pietventer/ oor al sy internet bedrywighede.

Piet kan persoonlik gekontak word op http://ciskano1.com/pietventer/kontakmy.html


Valid CSS! w3.org/css-validator

Active Search Results