STAM- EN FAMILIEBANDE
Vandag
Stamboom kaarte Kontak my direk Vorige blad Hoofblad
Vannelys
Venter
Van Hans(z)en
Rabie
Jooste
Steyn
Claassens
Du Preez
Potgieter
De Jager
Du Plessis
Uys
Boshoff
Belangrike Skakels vir Genealogiese Navorsing


TYDVERDRYF EN STOKPERDJIES

Nou kom ek by die lekker deel! Dinge wat ek doen omdat ek daarvan hou en dit vir my terapie is om die ongeduld en frustrasies veral die nagevolge van aftrede hok te slaan.

Houtwerk: My pa was die grootste deel van sy lewe met bouery gemoeid en dis seker waar my voorliefde vir houtwerk vandaan kom. Dit was juis die vak wat ek op skool vir matesis verruil het en wat ek beoog het om as onderwyser in te spesialiseer.

Wetenskap: My lekkerste vak op skool was die natuurkunde en aardrykskunde gedeelte van wetenskap. Ewewig, hefboomkrag, elektrisiteit, elektronika, statistiek, ens. was nog altyd vir my fassinerend en maklik om te begryp. Ek verdiep my waar ek kan in die praktiese sy daarvan. Beroepsvoorligters op skool het gesê ek moet 'n beroep in stadsbeplanning of rekenmeesterkunde volg. Dit het toe nie so uitgewerk nie, maar die laaste vyftien jaar voor my aftrede was darem as finansiële bestuurder! Ek het 'n praktiese kursus in radio en televisie herstelwerk van RCA Radiokom deur die pos voltooi en het 'n uitnodiging gekry om my verder in Duitsland te bekwaam. As die omstandighede toe reg was en ek nognie getroud met twee kleuters was nie, sou ek dit dalk gedoen het. Ek is nog steeds met die toepassing van elektronika besig en doen eenvoudige herstelwerk en onderhoud self.

Internet: Ek het die internet self bemeester, skryf en onderhou my eie webblaaie, soos hierdie een en ons plaaslike gemeente se webblad by Die Gereformeerde Kerk Worcester.

Dan is ek ook doenig met aanlynse versameling en bemarking van gratis e-boeke en -artikels. 'n Paar daarvan het ek self geskryf. Hulle is in Engels omdat dit die oorwegende taal tans is van die betrokke mark. Die Afrikaanse vertaling daarvan is nog in die wording stadium!. Die belangrikste is die volgende:

  • Hoe om jou drome en doelwitte waar te maak (My eerste poging en is in Afrikaans - Die volgende in Engels het uit hierdie een ontstaan!)
  • 3 Practical Strategies For Success
  • How to Promote with video on the internet
  • How To Stay Focused
  • Success Refresher (E-tydskrif in Engels oor sukses in die algemeen)

    Dan is daar ook nog so 'n paar nuwes wat ek aan't skryf is maar baie stadig vorder weens 'n gebrek aan tyd. Die volgende een is 'n voorbeeld :
    Hoe om die aandelemark te klop
  • Sportbeoefening

    Fietsry en Rugby was eintlik my gunsteling op skool en daarna tot ek getroud is. As gesin het ons baie met ons woonwa en tent gekamp en rond gery. Vandag is krieket en atletiek my keuses, maar ek verkies eintlik amateur sportsoorte wat nie met geld en mag gemanupileer word nie.

    Leesgewoonte

    Ek is jare al nie meer lief vir lees nie, maar kan dalk nog deur 'n uitstekende speurverhaal en Agatha Christie tipe rillers geboei word as ek niks anders te doen het nie. Omdat ek belang stel in die internet moet ek noodwendig die e-boeke wat ek op my webblad aanbied lees om die slegtes van die goeies te onderskeiskei.

    Musiek

    Besonderhede is hier


    web counter
    web counter