FAMILIEBANDE Vandag
Stamboom kaarte Kontak my direk Vorige blad Hoofblad
Skakels vir Genealogiese Navorsing
Vannelys
Venter
Van Hans(z)en
Rabie
Jooste
Steyn
Claassens
Du Preez
Potgieter
De Jager
Du Plessis
Uys
Boshoff
Waaroor gaan hierdie familiewebwerf?
Daar is en word steeds baie wetenskaplike navorsing oor die Venter familie in Suid-Afrika gedoen. My doel met hierdie webblad is nie om ook my stuiwer in die armbeurs te gooi nie omdat ek in die eerste plek self nie uitgebreide navorsing gedoen het nie en ook nie in die genealogiese terrein wil meeding nie. Al wat ek wil doen is om gegewens oor my onmiddelike families waaroor ek beskik in verstaanbare vorm aan my kinders, kleinkinders en hulle nasate uiteen te sit sodat hulle nie soos ek jare moes swoeg om inligting te versamel nie. As ek nie hulp van gesaghebbendes soos Prof. Barend Venter en Piet Venter van Venter Familie gehad het nie sou ek seker vandag nog in die donkerte rondgetas het.
Daar is egter nog heelwat "vermiste skakels" wat ek so met verloop van tyd probeer aanvul. Hulp van besoekers aan hierdie webblad om die prentjie meer volledig te maak sal natuurlik altyd waardeer word en u is welkom om my daaroor te kontak.
Die huidige "amptelike" stamboom waaroor ek beskik, is op my spesiale Venter-stamboomwebblad te sien. Ek is tans besig om die betrokke program in Afrikaans te vertaal en die stamboom en kaarte sal dus eersdaags hopelik ook in Afrikaans vertoon word.
[ Lewenspad ] [ Tydverdryf ] [ Filosofie ] [ Musiek ] [ Voorkeure ] [ Stamverband ]
Meta Tag Analyzer

Hierdie blad is laas hersien op