Webskakels en dinge
Selfoon & Tablet
vriendelik

Boelies op die Internet

Daar is 'n nuwe bedreiging aanlyn en dit is iets wat jou kinders raak. Mens is geneig om te dink dat die skade nie fisies is nie omdat dit in die kuberruimte plaasvind en as jy dink dat dit nie kan gebeur nie, dink weer. Alhoewel die internet bedoel is om ons van inligting te voorsien en met ander in kontak te bring, is die vraag of dit ook 'n invloed op kuber-afknouery kan hê.

Die antwoord is nee ten opsite van die tegnologie gedeelte. Dit gebeur egter deesdae al hoe meer dat daar 'n paar siek mense aanlyn is wat niks te doen het nie en hulle tyd verwyl deur te kyk hoeveel skade en verleentheid hulle kan aanrig.

Maar wat is kuber-afknouery? Dit is wanneer mense besluit om iemand af te kraak of te viktimiseer met die verspreiding van inligting wat gebaseer is op aspekte van hul geslag of fisiese eienskappe. Omdat die persoon wat geviktimiseer word nêrens kan of wil kla nie, is daar verslae wat dui op 'n verband tussen hierdie tipe van gedrag en tiener depressie en wat daaruit volg.

Die grootste uitdaging in die vermindering van die voorvalle van kuber-afknouery is die feit dat dit moeilik is om te reguleer en omdat baie van die ouers nie op hul kinders wat aanlyn is ag slaan nie met die wanopvatting dat niks kan gebeur wanneer hulle voor die rekenaar sit nie.

As jy nie wil hê dat jou kinders nadelig beinvloed word nie, is dit wys om iets daaraan te doen.

Een ding wat jy kan doen, is om te monitor watter webbtuistes hulle besoek en met wie hulle gesels wanneer hulle aanlyn is.

Dit sal ook 'n goeie idee wees om die rekenaar op 'n plek in die huis te plaas waar jy makliker kan sien wat hulle op die web doen.

As jy op 'n openhartige voet met jou kinders is, praat met hulle oor hierdie kwessie en maak dit vir hulle maklik om jou te vertel as iemand aanlyn of deur hul selfoon intimiderend teenoor hulle optree. Kuber-afknouery kom ook in die vorm van SMS'e voor en niemand is veilig wat dit betref nie, al is die rekenaar afgeskakel.

Sodra jou kinders intimiderende boodskappe begin ontvang, vertel hulle om dit te ignoreer want as hulle daarop reageer, word die aanvalle net meer en heftiger.

Dit is waarskynlik 'n goeie idee om die kind se toegangs-rekening en selfoon-nommer te verander, sodat die boosdoeners nie meer in staat sal wees om verder kontak te maak nie.

Maar as die afknouery voortgaan, kontak die owerhede en maak afdrukke of kopieë van die e-pos en ander kwetsende boodskappe. Kuber-afknouery word nou as 'n misdaad in baie lande beskou en met die nodige getuienis, kan diegene wat vir die dade verantwoordelik is makliker vervolg word.

Die internet was nog nooit bedoel om iemand te benadeel of seer te maak nie. Wie is dan te blameer? Wel, die mense wat besluit het om die internet vir sulke ongure dade te gebruik en ander te beinvloed om dieselfde te doen.

Dit is dus nie reg om die tegnologie of diegene wat hierdie tegnologie geskep het te blameer nie. Die een wat jy moet blameer is hulle wat met bose gedagtes in die kuberruimte rondbeweeg op soek na 'n gewillige of onskuldige prooi!

As ouers, is dit ons verantwoordelikheid om ons kinders te leer hoe om hulself by die skool en op die internet te beskerm. Dit is ook ons plig om seker te maak dat hulle nie ander boelie nie, want dit is verkeerd en niemand verdien dit om daaraan blootgestel te word nie.

Die antwoord op die vraag of die internet afknouery veroorsaak is dus nee, maar dat die fout eerder gesoek moet word by onetiese en gevoellose internet gebruikers.





Hierdie blad is hersien op:
Piet Venter is 'n versamelaar en privaat bemarker van gratis internet inligtingslektuur. Hy het self ook al 'n paar eboeke en verslae oor sukses geskryf en op die internet bemark en hanteer sy eie webblaaie en webjoernale met 'n baie goeie praktiese kennis en ondervinding van html-webbladtaal. Sy betrokkenheid by die internet strek oor 'n periode van meer as 25 jaar! Hy hanteer ook al die teks-vertaalwerk self. Daar is 'n paar skakels op sy hoof webblad in Afrikaans by http://ciskano1.com/pietventer/ oor al sy internet bedrywighede.

Piet kan persoonlik gekontak word op http://ciskano1.com/pietventer/kontakmy.html


web counter