Ongelukkig of Onsuksesvol?
Wat jy daaraan kan doen!



Sommige van ons vind dit maklik om besluite te neem, terwyl ander geneig is om liewer uit te stel wanneer dit kom by die neem van besluite - veral as dit belangrik is en die verloop van ons lewe kan verander.


Die maak van besluite in lewensveranderende situasies kan moeilik wees, aangesien die keuse wat jy maak en die pad wat jy kies dalk nie maklik omkeerbaar gaan wees nie of onmoontlik sal wees om te verander. As ons terugkyk op 'n paar van die grootste oomblikke in ons lewe wat verkeerd geloop het, vind ons dat ons grootste verwyte kom uit foutiewe besluitneming.

Dit gebeur so dikwels dat mens instinktief 'n besluit neem of deur ander se opinie beinvloed word. Daar is baie redes waarom ons die verkeerde besluite in die lewe kan neem en feit is dat byna elkeen van ons die een of ander tyd 'n verkeerde opsie kan kies.

Hier is 'n paar wenke om jou te help om goeie besluite te neem.

  1. Onthou geen besluit is reg of verkeerd nie, besluite is niks meer nie as net die maak van 'n keuse tussen alternatiewes.

  2. Vermy die maak van vinnige besluite. As 'n besluit maklik omkeerbaar is kan jy dit vinnig doen, terwyl onomkeerbares goed deurdink moet word.

  3. Maak aantekeninge wanneer jy 'n besluit neem, skryf al die oplossings neer en sluit alle tersaaklike inligting in. As dit op swart en wit is, is die antwoord makliker om raak te sien.

  4. Skryf al die voor- en nadele van die besluit wat jy maak neer. Dit sal help om die situasie in die regte perspektief te sie en jou help om enige probleme wat die besluit kan hê te deeglik te oorweeg.

  5. Maak een besluit op 'n keer. Moet nooit toelaat dat besluite ophoop en jouself dwing om hulle almal gelyktydig te maak en so foute te maak nie.

  6. As ander deur jou besluit geraak sal word moet hulle insette oor die situasie eers verkry word.

  7. As jy 'n besluit gemaak het, hou daarby want daar kan nooit vooraf met 100% sekerheid bepaal word dat dit die regte een sal wees nie. Dis waarom mens altyd vorige besluite se resultate in ag moet neem wanneer jy nuwe besluite oorweeg.

  8. Vra jouself af wat die gevolge kan wees indien enigiets verkeerd gaan nadat jy die besluit geneem het.

  9. Wanneer jy 'n besluit geneem het volstaan dan heelhartig daarmee en moet jouself nie verder vermoei met wat moontlik anders kon gewees het nie.

  10. Visualiseer jou besluit en deurdink dit in jou gedagtes. Visualiseer al die uitkomste van die besluit voordat jy die besluit neem.

  11. Vertrou in jou vermoë om 'n suksesvolle besluit te maak en jou vermoë om daarby te hou.

  12. Hersien al die feite deeglik en laat voldoende tyd toe om die betrokke feite te oordink sodra al die feite hersien is voordat 'n gevolgtrekking gemaak word en 'n uiteindelike besluit geneem word.

  13. Probeer altyd om jou besluite te baseer op wat reg is of wat jy voel die regte ding is om te doen.

  14. Onthou om altyd die doel van die besluit, die alternatiewe vir die besluit en die risiko's van enige alternatiewe vir die besluit in ag te neem.

Bron: Uit die eboek: Your Road Straight to Success van Halille Azami (My vertaalde weergawe)





Hierdie blad is hersien op:



Piet Venter is 'n versamelaar en privaat bemarker van gratis internet inligtingslektuur. Hy het self ook al 'n paar eboeke en verslae oor sukses geskryf en op die internet bemark en hanteer sy eie webblaaie en webjoernale met 'n baie goeie praktiese kennis en ondervinding van html-webbladtaal. Sy betrokkenheid by die internet strek oor 'n periode van meer as 25 jaar! Hy hanteer ook al die teks-vertaalwerk self. Daar is 'n paar skakels op sy hoof webblad in Afrikaans by http://ciskano1.com/pietventer/ oor al sy internet bedrywighede.

Piet kan persoonlik gekontak word op http://ciskano1.com/pietventer/kontakmy.html
You are visitor number
3d printer open source